Rooi Rose KANSA Tee’s 2015

‘n Baie groot DANKIE aan rooi rose vir hulle jarelange ondersteuning aan KANSA en die geveg teen kanker.

Pretoria:

Die rooi rose SPAR KANSA tee Pretoria ten bate van Die Kankervereniging van Suid Afrika was vanjaar weer eens ‘n treffer! Dit het plaasgevind by die Saint George Hotel met 160 tafels en 1600 gaste wat, die rekord bedrag van R386 000 is ingevorder is ten bate van KANSA.

Die tema was “VARS”! Die hart van die geselligheid is die viering van ‘n nuwe begin vir baie kankeroorwinnaars en hul families. Die KANSA-gesellighede vind plaas gedurende die lente – wat ook ‘n tyd van ‘n nuwe, vars begin is. 2015 is die jaar om bietjie groener te gaan in ons leefstyl, om inspirasie te vind by ons familie en natuur, of dit platteland, seekant of stadslewe is.

Die Kankervereniging is baie trots om met rooi rose, SPAR en die ander borge geassosieer te word. Dankie aan rooi rose, Spar, Club Med, Air Mauritius, Old Mutual, Ceres, Lapa Uitgewers, Justine, Pink Lady Apples en nog vele ander borge.

KANSA is baie dankbaar vir die gasvrouens en gashere met al die moeite wat hulle gedoen het met die dek van die tafels. Hierdie persone wy baie van hul tyd daaraan om die Kankervereniging passievol te ondersteun.

Dankie ook aan die 1600 gaste wie daar was om die geleentheid te vier. Dankie vir Suné van Rooi Rose en haar span en ook aan die vrywilligers wie so hard gewerk het.

Riaan Gruywagen was seremoniemeester, terwyl Martie Pansegrouw, redakteur van rooi rose, Elize Joubert, Hoof Uitvoerende Beampte KANSA, Jerome Jacobs van SPAR sprekers was. Elma Postma, Sophia Kapp, Bertha le Roux en Julie Steynberg, Difference Makers Int. San Diego S.A was gassprekers. Elvis se seun en ook Oosterlig skool se sanggroep het almal vermaak met hul musiek.

Almal was dit eens dit was ‘n onvergeetlike geleentheid! Dankie vir almal se ondersteuning om kanker te beveg.

Gallery:

Stellenbosch:

This past Saturday rooi rose magazine hosted another lovely‪ #‎KANSAtee‬ for CANSA Cape Metro, Boland and Overberg in Stellenbosch!

rooi rose se redakteur, Martie Pansegrouw het genoem: ‘Sommige hier is dankbaar, ander is bekommerd, ander is ONBEWUS. Dis hoekom rooi rose CANSA ondersteun – sodat meer mense bewus gemaak word.

Almal was diep geraak toe Martie gevra het dat al die kankeroorwinnaars moet opstaan en baie sterkte toegewens het.

Die geliefde Iris Bester het haar kankerreis met ons gedeel. Sy het ook ‘n pragtige gedig geskryf en belangrike boodskappe was: ‘Vertrou jou gut en maak seker!’ en ‘Ek besef ek moet elke ondervinding beleef en leef.’

‘n Spesiale dank gaan aan al die gasvrouens – julle het soveel moeite gedoen met liefde en entoesiasme! Sonder julle ondersteuning sal die dag nie ‘n sukses kan wees nie. Lees gerus die pragtige boodskap van een van ons gasvrouens in die foto’s.

‘n Groot dankie gaan ook aan al ons rooi rose #KANSATEE borge. Julle maak ons hande sterker.

Jak de Priester het ook almal vermaak met sy pragtige sang en kwinkslae!

Baie dankie aan elkeen wie dit bygewoon het en natuurlik aan rooi rose! ‘n Groot tjek van R91 000 is aan CANSA oorhandig. Saam beveg ons kanker!

Gallery:

Bloemfontein Gallery:

 

DO YOU HAVE A QUESTION?
 

Ask CANSA