KANSA en Glen Rooibostee maak dit Amptelik

English Press Release

14 Junie 2016 – Dit maak perfekste sin vir KANSA om saam te span met Unilever Glen Rooibostee – juis as gevolg van die uitgebreide en goeie navorsing oor die gesondheidsvoordele wat Rooibos bied.

Glen Rooibos Tea

KANSA het aangekondig dat Glen Rooibostee voortaan KANSA se amptelike verskaffer van rooibostee sal wees. Dit beteken dat Glen Rooibostee verskaf sal word vir KANSA se 30 Sorgsentra, wat 11 Sorgtuistes en ander fasiliteite insluit. Glen Rooibostee sal ook de amptelike verskaffer van vanjaar se Cuppa For CANSA-veldtog wees.

Die Vermindering van Risiko

KANSA se Hoof Uitvoerende Beampte, Elize Joubert, sê: “Ons weet dat die risiko van tussen 30 en 40% van kankers verminder kan word deur lewenstyl faktore, wat dieet en oefening insluit. KANSA erken amptelik dat rooibos ‘n middel is wat risiko kan verminder. Ons is gelukkig dat rooibos inheems is aan Suid-Afrika wat dit maklik toeganklik en bekostigbaar maak. ”

Die Bevordering van ‘n Gesonde Leefstyl

Glen post

Glen Tee is al vir meer as 70 jaar ‘n gunsteling in Suid-Afrikaanse huishoudings. Unilever het die Glen Tee-produk uitgebrei en rooibostee ook onder dieselfde handelsnaam beskikbaar gestel. “Ons rooibostee pas natuurlik in ons visie vir dit waarvoor die Glen Tee handelsmerk sedert sy ontstaan en gedurende sy geskiedenis staan: om mense bymekaar te bring en om mense aan te moedig om mekaar se samesyn, geselskap en vreugde te deel en te geniet, ” sê Anthony Joseph, Unilever se Hoof van Bemarking en Kliëntediens. “Ons glo dat rooibostee met sy talle gesondheidsvoordele, perfek in lyn is met KANSA se deurlopende bevordering van ‘n gesonde leefstyl as ‘n manier om te help om die kankerrisiko te verminder.”

Meer Oor Rooibostee

Sommige van die fenomenale gesondheidsvoordele van rooibostee wat deur navorsing geïdentifiseer is, sluit die volgende in:

  • Die kragtige antioksidante wat rooibostee bevat veg teen vrye radikale wat kanker en hartsiektes veroorsaak.
  • Vrye radikale kan die DNA van selle beskadig, maar antioksidante verbind met die vrye radikale en strem en deaktiveer hulle voordat hulle enige verdere skade kan veroorsaak.
  • Rooibos verhoog ook die antioksidant status van die lewer en stimuleer die ensieme in die lewer om kankervormende stowwe (karsinogene) in die liggaam af te breek.
  • Die daaglikse inname van rooibos help om die liggaam te hidreer, dit kan help om cholesterolvlakke in die bloed te verlaag, dit beskerm die lewer, dit help om die vel gesond te hou en verlig talle selsiektes.

DO YOU HAVE A QUESTION?
 

Ask CANSA